Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Christine le Roux Omnibus 8

ebook
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks
Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack 'n les leer wanneer hy nie kans sien vir 'n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack jaloers te maak. "Jy speel met vuur," waarsku haar vriendin, en inderdaad, onvoorsiene dinge gebeur en veroorsaak dat Nicolette later nie meer seker is of sy haar eie hart ken nie. Die uitkenningsparade: Wanneer Karlien vir Steven Joubert by 'n partytjie ontmoet en hoor dat hy graag wil trou, bied sy aan om hom te help vrou soek. Buitendien het Neil, haar verloofde wat in die Midde-Ooste werk, voorgestel dat sy 'n projek kry om haar mee besig te hou terwyl hy weg is. Sy het egter min sukses met die vrousoek-"projek" en intussen begin sy al hoe meer bedenkinge kry oor haar en Neil se trouplanne. Verlore dekade: Op 'n dag kruis Alexandra Nel se paaie weer met dié van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet. Sy het nie geweet hy is weer terug uit die buiteland nie, en die skanse wat sy om haar hart gebou het, begin stadig verkrummel. Maar daar is die ernstige siekte van haar vriend Louis, en buitendien, Ryno dra 'n trouring.
  • Creators

  • Publisher

  • Release date

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

subjects

Languages

  • Afrikaans

Loading