Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Woorde is soos wors

ebook
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks
Josias Olwage kan nie wegbly van die Jeugsirkus nie. Tussen die akrobate en toutoertjie-meisies vergeet hy dat sy pa spoorloos verdwyn het en sy ma maar min tyd en lus het om na hom te luister. Toe hy boonop leier van die Poppekas word, loop sy beker oor: nou is hy onmisbaar. Maar Josias se geluk is van korte duur. Sy ma word baie siek en hy, kleinboetie Georgie, Mita en Hester moet in 'n kinderhuis gaan bly. Nou is die Sirkus Josias se enigste vashouplek. Maar die ongeluk ry hom. Op pad na 'n oefening een aand word hy deur drie skollies oorval. Die gebreekte arm is egter nie die ergste nie. Terug by die Sirkus, met sy bolyf in gips, kan hy sy eie oë nie glo nie. Iemand anders is besig om sý handpoppe te hanteer. En veel beter as wat hy ooit sou kon . . . In Woorde is soos wors vertel die twaalfjarige Josias sélf sy verhaal: elke tiener sal dan ook sy magteloosheid, hartseer en teleurstelling, maar ook sy tye van pret en vriendskap en uiteindelike aanvaarding van homself verstaan en aan eie lyf ervaar.
  • Creators

  • Publisher

  • Release date

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading