Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Franse vlegsel

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available

Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wêreld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly. 'n Kloosterkoek wat nie in 'n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop. Boonop lyk dit asof dit die ergste skooljaar van Elle se lewe gaan wees, want sommer op dag een verloor sy:
- haar status as 'n meisie met 'n ou;
- haar haarstyl;
- haar waardigheid voor die hele skool;
- en die silwer ketting en sleuteltjie wat Alex vir haar gegee het.
Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak 'n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë egter onverwags sy opwagting, en Elle se hart begin vreemde dinge doen ...

christien neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van elle kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe elle-avontuur te verslind nie. die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees

Formats

• OverDrive Read
• EPUB ebook

Languages

• Afrikaans

Loading