Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Rand en sent

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is 'n onontbeerlike gids tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Suzaan Steyn bring die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings hier op 'n toeganklike wyse bymekaar. Die boek is ideaal vir lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van finansiële adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om 'n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. Mense wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit dié aaklige spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat 'n mens oor eiendomsbeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat 'n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys. En nog vele meer. Noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat ernstig oor hul geldsake is.

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading