Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Rose vir Roselle

ebook
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks
0 of 1 copy available
Wait time: About 2 weeks

'n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie. Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter gevolge wat haar nie toelaat om daardie deel van haar lewe as afgehandel te beskou nie.

Terug hier op La Roseraie lyk dit ook nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie, nie meer nie, in elk geval. Droogte het sy tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie. Boonop het haar tantes 'n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie eens 'n bietjie nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? En veral, wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra.

Om vorentoe te boer sal sy die swerwer se hulp nodig hê en sy dood voor sy hom vra. Sy sal self hier moet trou as sy van La Roseraie 'n venue wil maak, spot sy.

Formats

• OverDrive Read
• EPUB ebook

subjects

Languages

• Afrikaans

Loading