Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Robey Leibbrandt

'n Lewe van fanatiesme

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi's op 'n epiese tog in 'n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur. Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi's en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om 'n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp. Leibbrandt het 'n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang. Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.
  • Creators

  • Publisher

  • Release date

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading