Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Saam

n eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm 'n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit diรฉ versamelings. In diรฉ eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is 'n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in 'n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het โ€“ die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester. Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM diรฉ boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading