Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Die duisend en eerste nag

ebook
1 of 1 copy available
1 of 1 copy available
1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare. Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val 'n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in 'n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. 'n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in 'n diep koma. Hy bevind homself binne-in 'n avontuur, 'n nagmerrie, 'n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, 'n meisie wat baie aan Herma herinner. François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

Languages

  • Afrikaans

Loading