Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Liefdeslesse vir 'n grotman

ebook
1 of 2 copies available
1 of 2 copies available
Olga is die bestuurder van Boskloof gasteplaas en sy sal die veld vir niks agterlaat nie. Nie eens vir haar verloofde, Stefan, nie. Al wie haar liefde vir die dorre bos deel, is die een man wat sy nie kan verdra nie: Lukas, die wildbewaarder. Die man wat haar haat. Die man met die mooi oë. Grotman. Rof en onbeskof, nes sy hond wat haar geliefde papegaai wil opvreet. Sy loop liefs wye draaie om hom om enige konfrontasie te vermy. Tog is daar oomblikke wat iets anders as afsku deur haar are vloei. Veral wanneer sy glimpe van sensitiwiteit in sy goudbruin oë sien as hy met die diere werk. Maar vir só ʼn man sien sy nie kans. Stefan is nie noodwendig opwindend nie, maar hy is veilig. Hy is ʼn enkele kers en nie, soos Lukas, ʼn vonk nie. En sy sal die vlammetjie van begeerte wat deur haar vloei wanneer Lukas na haar kyk gou moet blus voordat dit in ʼn veldbrand ontaard ...
  • Creators

  • Publisher

  • Release date

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Read
  • EPUB ebook

subjects

Languages

  • Afrikaans

Loading